R139,00
Is jy op soek na gesonde, opbouende gesinspret weg van skerms en fone? Sou jy eerder (PraatSaam-Pret vir gesinne) waarborg kosbare oomblikke om mekaar beter te leer ken, kwaliteit-tyd saam deur te bring en hope pret te hê. Die 44 ongewone vrae sorg vir prettige gesinstyd terwyl dit terselfdertyd Bybelkennis uitbrei.
Vrae soos “Sou jy eerder Simson se krag wou hê of Salomo se wysheid?” gee jou iets om oor te dink en sal woelige kinders vir seker ’n bietjie langer as gewoonlik geïnteresseerd hou in Bybelstories. Elke kaartjie het ’n “Sou jy eerder?”-vraag vir lewendige bespreking, ’n verwysing na waar in die Bybel ’n mens daaroor kan lees en ’n bypassende teksvers agterop.


