R139,00
Laat jou kreatiewe kant los met hierdie pragtige keramiek inkleurkoppie! 🌸 Kleur die elegante fiets- en blomontwerp self in en maak jou koppie uniek en persoonlik.
Die ontwerp is geïnspireer deur Jeremia 29:11 – “Hope & A Future”, ’n mooi herinnering aan hoop en God se plan vir die toekoms.
Die koppie kan ongekleurd gebruik word, of jy kan dit inkleur met Acrylic Markers of enige permanente merker wat geskik is vir glas of keramiek.
Nadat jy jou koppie ingekleur het, plaas dit in ’n koue oond. Stel die oond op 200°C en bak vir 20 minute. Laat die koppie binne-in die oond afkoel. Hierdie proses help om die kleur langer te laat hou.
🧼 Versorging: Was slegs met die hand en vermy om die koppie te week of hard te skrop.
⚠️ Nie mikrogolf- of skottelgoedwasserbestand nie.
💕 Kleur dit self – maak dit jou eie – dra ’n boodskap van hoop saam.