Welkom by Bokmakierie.
Waar drome wortel skiet en stories ontvou!

Ons reis begin in 2016.

Met ‘n droom om ‘n unieke dagboek te skep.

Elke jaar het nuwe geleenthede gebring, en ons besigheid en produkte het gegroei. In 2021 het ‘n spesiale hoofstuk begin toe ek die liefde van my lewe ontmoet het. Saam het ons Bokmakierie gebou tot wat dit vandag is, met ‘n passievolle toewyding aan kreatiewe produkte.

Ons bied ‘n verskeidenheid dagboeke aan, van onderwysers dagboeke, dagboeke vir die elke dag werkende vrou tot unieke gebedsjoernale en selfs ‘n boek om die Bybel binne een jaar te lees. Ons gewildste produk is ons persoonlike notaboek, ‘n besonderse geskenk met jou eie persoonlike aanraking en versies van Bybelverse.

Bokmakierie is nie net ‘n handelsnaam nie; dit is ‘n viering van drome en gedeelde stories. Elke produk getuig van ons toewyding aan kreatiwiteit, kwaliteit, en die unieke persoonlike aanraking wat ons onderskei.

Dankie dat jy deel is van die Bokmakierie-storie. Droom saam met ons. Skryf saam met ons. Bokmakierie – waar jou storie begin.